Klofietrots
- Home
- Klofietrots
KlofieTrots is die amptelike ondersteunersklub van die skool waarvan die mandaat deur die Beheerliggaam ondersteun word. Hulle ondersteun alle skoolaktiwiteite.
Tee en koffie word tydens tuisbyeenkomste aan ouers bedien. Hulle hanteer ook die verhuring van die lapa en klubhuis aan die publiek. Hannelie kan in dié verband geskakel word by 012 347 7707.
KlofieTrotsdrag is by die winkel langs die sportburo op die skoolterrein beskikbaar. Om te verseker dat ondersteuners altyd ‘n goeie beeld van die skool uitdra, word enkele riglyne neergelê wat klublede moet respekteer.
Om te verseker dat ondersteuners te alle tye ‘n goeie beeld van Hoërskool Waterkloof uitdra, omdat ondersteuners ‘n belangrike skakel tussen deelnemers, die skool en die publiek is.
Hoërskool Waterkloof se ondersteuners kan ‘n positiewe bydrae lewer en ‘n groot verskil maak deur bogenoemde na te kom.