KONTANTLOSE FEES

Die spelers, afrigters, beamptes en ouers kan heerlik by die tafels in ons food court kuier terwyl hulle na die wedstryde op ‘n grootskerm kyk. Besoekers kan ook van die snoepie se dienste gebruikmaak.
‘n Verskeidenheid verversings sal daagliks, soos gewoonlik, by die snoepie te koop aangebied word. Die snoepie sal daagliks vanaf 07:00 tot 18:00 oop wees. Daar sal ook ander kosstalletjies soos frozen yoghurt, ribburgers, pannekoek, biltong, roomys, boereworsrolle ensovoorts te koop wees. Dié stalletjies sal daagliks vanaf 07:00-18:00 beskikbaar wees maar sal die laaste dag (Dinsdag) net tot 13:00 wanneer ons program afsluit.

DIE KLOOFFEES IS KONTANTLOOS! Betalings vir eet – en drinkgoed by dié stalletjies moet deur die Kloofbeursie gedoen word. Daar sal ‘n sentrale punt wees waar die kos kontantloos gekoop kan word en dan word die kaartjie by die onderskeie stalletjies ingeruil.