Vrydagaand na afloop van die laaste wedstryde sal daar ‘n openingseremonie wees. Elke skool se vlag sal dan deur ‘n speler langs die bane “geplant” word. Na afloop van die openingseremonie gaan die spelers die lewe vier met kleur en lig en gaan hulle op die rugbygveld piekniek hou terwyl ‘n kunstenaar hul gaan vermaak. Beamptes en afrigters sal onthaal word – soos die gewoonte by Kloof is.