Konsertorkes
WAT BEHELS DIE KONSERTORKES?
Die orkes bestaan uit 46 lede en meeste van die musiekinstrumente word bespeel. Hierdie werke word op konsertvlak aangebied. Die musiekrepertoire bestaan uit ’n verskeidenheid genres, byvoorbeeld pop, rock, jazz (big bands) en filmmusiek. Die dirigent, mnr. Eddie Clayton, verwerk hierdie musiek spesifiek vir die Klofie-orkes.
Vir ‘n orkes om goed te klink, moet al die die lede harmonieus saamwerk na ‘n enkele doel en vereis dit van elke lid om die bladmusiek te leer, oefeninge by te woon asook om tuis te oefen. Orkeslede leer die waarde van uithouvermoë en ervaar die konkrete beloning van hulle harde werk asook die genot daarvan en dat dit bevredigend is.
DOELWITTE
Die orkes neem aan interskole byeenkomste, byvoorbeeld Tres Scholarum, deel. Deelname aan kunstefeeste en landswye kompetisies is ‘n hoë prioriteit. Gedurende 2022 was hierdie orkes nasionale wenners by Symphonia 2022in George.
ONS MAESTRO IS EDDIE CLAYTON!
Eddie Clayton is ‘n bedrywige musiekopvoeder in koperblaas, perkussie en musiekverwerking en begeleiding van alle ouderdomme. Hy het as dienspligtige binne ‘n kort tydperk bevordering tot musiekdirekteur gekry, die jongste in die geskiedenis van die organisasie. Sy verwerking en toonsettings word nog steeds lands- en wêreldwyd opgevoer.
Gedurende sy loopbaan was hy betrokke by vele produksies: Huisgenoot Skouspel, Classics is Groot, SA Taptoo, The Sound of Music om net ‘n paar te noem.
Hy ontvang die Naledi-toekenning as Beste Musiekdirekteur van die musiekblyspel Tree Aan! in 2011.
Ons is bevoorreg om Eddie Clayton as ons dirigent by Hoërskool Waterkloof te kan hê.
Die orkes neem ook aan die Nasionale Orkeskompetisie in George deel.
Nog konserte / produksies wat gehou word, is: Tres Scholarum, deelname aan kunstefeeste, die Universiteit van Pretoria Etensuur, Promenadekonsert, welwillendheidsoptredes asook die gala-aand in die AfriForum Teater.
OEFENTYE
Dinsdae en Donderdae: 14:00 – 17:00
Twee Saterdae per kwartaal: 08:00 – 13:00
WIE MAG DEEL WORD VAN DIE ORKES?
Die konsertorkes aanvaar lede van enige hoër- of laerskool in Gauteng wat daarin belangstel om daarvan deel te word. Tans is die jongste lid 12 jaar oud.
Om aan te sluit moet ‘n aspirantorkeslid alreeds sy/haar instrument kan bespeel. Leerders kan by Klofies se Musieksentrum aansluit om aan hierdie vereiste te voldoen. Oudisies word gehou en lede word dan gekeur.
ADDISIONELE KOSTE
Klere: Kultuurhemp, Fleecy-baadjie, konsertdrag – Dogters: R2 100 en Seuns: R1 200
Etegelde: R600, Orkeskamp: R2 500 en toere is addisioneel
NAVRAE
Jo Ferreira (Orkesbestuurder)
jo.ferreira@klofies.co.za