Koshuis
HUIS KLOOFSIG
Die koshuis is op 19 April 2019 opnuut deur die nuwe skoolhoof, mnr. Chris Denysschen en mnr. Cobus van Dyk, as Huis Kloofsig, ingehuldig. Die skep van `n identiteit waarin elke inwoner van Huis Kloofsig hulself kan vind, is van kardinale belang.
By Huis Kloofsig poog ons om ‘n veilige omgewing met sinvolle roetine en streng dissipline te skep waarin karakterontwikkeling positief kan plaasvind. Wanneer elke inwoner van Huis Kloofsig die koshuis verlaat, moet hulle in staat wees om hul plek as volwaardige volwassenes in die samelewing suksesvol kan volstaan. In 2020 plaas Huis Kloofsig die fokus op trots, tradisie en die skep van ‘n huislike omgewing waar leerders deel van ‘n eenheid kan vorm.
Ons sien uit na die toekoms en verwelkom die dag van môre met opgewondenheid en ope arms.
HUIS KLOOFSIG! “Die plek waar almal wil wees.”