Krieket
Hoërskool Waterkloof se krieket skryf jaarliks 14 spanne vir verskillende Pretoria-ligas in. Ons speel ook jaarlikse derbys teen St Stithians College, KES, St Andrews School en Grey College. ‘n Geleentheid waarvan elke krieketspeler droom, is ‘n internasionale toer wat elke drie jaar na Engeland onderneem word.
Die eerstespan is aan die einde van die 2023-seisoen as wenners van die Noordvaal-reeks, Noord-Suid T20 en as die Titans-ligawenners gekroon. Hulle het ook ‘n uiters suksesvolle toer na Engeland in Julie 2023 onderneem.
Waterkloof-krieket is gesond en presteer plaaslik sowel as internasionaal.
Ons is bevoorreg dat ons program doeltreffend funksioneer waar al ons vlagskipspanne ook onder die top 10 op die ranglys vir hoërskolekrieket is.
2024 het reeds op ‘n hoë noot begin waar ons eerste- asook ons o. 15A-span die Finsbury Superreeks gewen het.
In die laaste 10 jaar het Waterkloof verskeie SA Skole-spelers en SA o. 19-spelers opgelewer en is ons ook baie trots op ons alumni wat op plaaslike en internasionale vlak vir die verskillende bedryfsregte presteer.
DOELWITTE
Die hoofdoelwit van krieket by Hoërskool Waterkloof is om te verseker dat daar voldoende geleenthede vir alle spelers geskep word deur genoeg wedstryde vir alle spanne te reël. Afrigters van hoogstaande gehalte word deurlopend aangestel sodat provinsiale spelers deurgaans opgelewer word.
AFRIGTERS
Die volgende afrigters is betrokke: Cobus Pienaar (KSA Vlak III), Ruan Sadler, Rigardt Roos, Juan Nagel, Lucas Manzini, Jaco van Wyk en Jolene Campher (KSA Vlak II), Simeon de Bruyn, Karel Verhoef, Nathan Meyer, Andre Botes, Stephan Lotter, Christiaan du Toit en Etienne Denysschen (KSA Vlak I). Onderwysers wat krieket afrig is SJ Naude, Stephan Lötter, Muller van der Nest, Armand Bezuidenhout en Stephan Coetzer.
DEELNAME
Klofies neem jaarliks aan die volgende toernooie, kompetisies en krieketweke deel: Die plaaslike Northerns-ligas, die Charl van Rooyen Krieketweek (o.14A), JARU-oefenkampe (o.14A en o.15B), die Uplands College o.15 week (o.14A), The Peninsula Festival (eerste- en o.15A-span), Noord-Suid T20-kompetisie (eerstespan), Michaelmas Cricket Festival (eerstespan), Merensky o. 19-krieketweek (tweedespan), Ben Vorster o. 19-krieketweek (o. 15A), Camp Discovery T20 Festival (o. 14B), Kookaburra Stayers Festival (jongspan), Northwood Schools u14 Festival (o. 14B) en IXU-reeks vir tweedespanne.
OEFENTYE
Oefentye word vasgestel deur afrigters vir verskillende ouderdomsgroepe afhangende van die dae wat die spanne wedstryde speel. Gewoonlik twee sessies per middag: 14:30-16:00 en 16:00-17:30
SPESIALE VEREISTES
Geen.
ADDISIONELE KOSTES
Krieket as vak vir graad 8 en 9 het ‘n skoolheffing as spesialiteitsvak. Geen ander addisionele koste buiten toere en persoonlike toerusting wat aangekoop moet word nie.
KONTAKBESONDERHEDE
Krieketdirekteur
Cobus Pienaar
cobus.pienaar@klofies.co.za
Hoëprestasiebestuurder/Future Klofies
Ruan Sadler
ruan.sadler@klofies.co.za