KULTUUR
VISIE
Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof streef daarna om leerders ʼnregverdige geleentheid te bied om hom/haarself holisties te vorm in verskeie aktiwiteite en sodoende lewenswaarde en –vaardighede uit hul ervarings kan put. Verder moet hierdie lewenswaardes en –vaardighede toepaslik kan wees op elke leerder se pad vorentoe. Die visie is nie om ʼn leerder ʼn eng verwysing van die lewe te bied nie, maar eerder die verwysingsraamwerk te verbreed.
MISSIE
Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof stuur volwasse jongmense die wêreld in deur die vaslegging van:
• waardigheid
• deursigtigheid
• deursettingsvermoë
• konsekwentheid
• regverdigheid
• soeke na hul volle potensiaal
• uitleef van hierdie aspekte in hul alledaagse optrede.
Die kultuurforum van Hoërskool Waterkloof strewe daarheen om uitnemendheid te volhou en die beste kwaliteit vir leerders te bied, om sodoende hul talente verder te ontwikkel en te ontgin.