Landloop

Kontakpersoon: Alet Kieser
Kontakbesonderhede: 012 347 0277/8

LANDLOOP 2023

Die landloop vir 2023 gaan weer ‘n grote wees. Ons sien uit daarna om julle by Waterkloof landloop te sien. Oefening vir landloop loop hand aan hand met die middel en langafstand oefening. Reeds voor die laaste atletiek byeenkoms van 2023 sal die eerste landloop wedloop reeds plaasvind.

Tydens 2022 het ons ‘n goeie seisoen beleef. Van 13 Klofie landlopers word in die AGN landloopspan vir die Nasionale kampioenskappe opgeneem. Vier van ons atlete ontvang spesiale toekenning tydens die skole landloop prysuitdeling. Tans is daar 60+ landloop en langafstand atlete wat gereeld oefen asook ‘n groot groep FUTURE Klofies.

Ons oefen reëlins is as volg:
Maandag tot Donderdag is daar twee geleenthede.

Sessie 1 – 14H15 tot 15H35
Sessie 2 – 15H45 tot 17H00

Vrydae oefen ons direk na skool vir 45 minute en Saterdae doen ons of PARK-RUN of neem ons deel aan padwedlope, veral tydens die voorseisoen. Tydens die Junie/Julie vakansie is daar ‘n landloop oefenkamp wat altyd vol pret en plesier is.

Tydens die tweede kwartaal neem die landloop seisoen amptelik aanvang. Ons neem deel aan skole wedlope wat op Woensdae plaasvind tot diep in die derde kwartaal waarna die atletiek weer begin.

Almal is welkom al het jy nog nooit aan landloop deelgeneem nie. Ons skakel baie goed in met al die ander sportsoorte in Waterkloof en sal jou help om by soveel moontlik uit te kom. Al wat jy nodig het is ‘n paar hardloop skoene en ‘n gewillige hart.

Sien uit om jou by ons te ontvang.

Die hoof van landloop is Mnr Kieser en jy kan enige tyd kom kuier sou jy meer van landloop wil uitvind.

Landloop groete
Mnr. Alet Kieser