Medies & Sportwetenskap
Hoërskool Waterkloof se Departement Medies en Sportwetenskap is uitnemend in die mediese- en sportwetenskapveld. Die departement beskik oor die nuutste tegnologiese apparate en funksioneer volgens die nuuste navorsing en riglyne in die verskeie velde.
Die departement se doel is om die jong sportman en -vrou te ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal en om verskeie sportspanne optimaal vir hul sport te kondisioneer. Daar word gefokus om enige beserings te voorkom en enige beperkings te oorkom met die toepassing van mediese- en sportwetenskaplikebeginsels.
DEPARTEMENT PERSONEEL
Annemie Klopper
[012 347 0277 x223]
Departementshoof
Sportwetenskap (Hons)
Biokinetika (Hons)
Paramedic (AEA)
Jeanette Coetzer
MSc Sportwetenskap
Dirko Smuts
Sportwetenskap (Hons)
Basiese Ambulans Assistent
Hanno de Villiers
Biokinetika (Hons)
Die departement het die volgende afdelings wat saam werk om die jong atleet te verbeter:
- Mediese dienste:
- Beseringsbestuurstelsel
- Fisioterapeute
- Biokinetikuste
- Konkussiebestuurstelsel
- Sportwetenskap dienste:
- Periodisering
- Fiksheidstoetse
- Gimnasium
BESERINGSBESTUURSTELSEL
Die beseringsbestuurstelsel help om te verseker dat ‘n beseerde leerder reg bestuur word vanaf ‘n dokter, fisio, biokinetikus en na ‘n sportwetenskaplike geneem word.
FISIOTERAPEUTE
Heleen Maas Fisioterapeute is op die skoolterrein geleë.
Enige navrae:
012 347 9920
BIOKINETIKUSTE
Daar is biokinetikuste op die skoolterrein beskikbaar.
KONKUSSIEBESTUURSTELSEL
Konkussie: Hoe pak Hoërskool Waterkloof die epidemie by die horings?
In ʼn neutedop — Konkussie is ʼn sportbesering waar die breinweefsel beseer en/of geaffekteer word. Dit is ʼn ernstige en onvoorspelbare besering wat die normale breinfunksie van ʼn persoon negatief beïnvloed. Volgens Concussion South Africa doen 10% tot 15% van hoërskoolrugbyspelers elke seisoen ʼn konkussie op en sal 50% van rugbyseuns minstens een konkussie opdoen voor hy hoërskool verlaat.
Hoërskool Waterkloof bied sportleerders die geleentheid om deel te vorm van ‘n konkussiebestuurstelsel. Wat is die voordeel om deel te vorm van hierdie stelsel?
- Dit bied die leerder ‘n basislyntoets.
- Ondersteuning en advies met beide verwysings (doktors) en akademie.
- Return to play-protokol wat help om veilige terugkeer na sport te bied.
Enige Klofieleerder is welkom om vir die konkussiebestuurstelsel te registreer. Rugby- en hokkiespelers, asook bergfietsryers word streng aangeraai om aan die program deel te neem omdat daar ‘n hoër risiko vir konkussie in dié sportsoorte is.
Lees gerus meer via die registrasieskakel: https://forms.gle/VBSW74jVKx4WCbabA