Mnr. en Mej. Waterkloof

BESKRYWING
Die Mnr. en Mej. Waterkloof-kompetisie is ‘n aand gevul met mooi mense, kolligte, musiek, danse en kreatiwiteit. Tien seuns en tien meisies geklee in bekende modehuise se ontwerpersuitrustings, ding om die gesogte Mnr. en Mej. Waterklooftitel mee.

Bekendes uit die sport-vermaaklikheid, mode- en filmbedryf wys as beoordelaars die wenners aan.

Gewilde gaskunstenaars hou die gehoor op hul tone. Dit is ‘n aand op Hoërkool Waterkloof se kalender waar die stampvol saal se toeskouers en finaliste die eregaste is. ‘n Verrykende geleentheid wat beslis ‘n moet vir elke leerder van Hoërskool Waterkloof is.

WIE MAG AAN MNR. EN MEJ. WATERKLOOF DEELNEEM?
Slegs graad 12-leerders van Hoërskool Waterkloof mag vir dié kompetisie inskryf. Dit is ‘n produksie waarna elke leerder in die skool uitsien, om in hulle matriekjaar te mag deelneem. Die keuringsproses is nie vir lighartiges nie. Nadat die finaliste as deel van die Top-20 aangewys is, moet hulle ‘n formele onderhoud voor ‘n keuringspaneel ondergaan. Indien hulle as wenners uit die stryd tree, sal daar van hulle verwag word om as gasheer- en gasvrou by spesiale geleenthede op te tree en om ‘n volledige liefdadigheidsprojek, van hul keuse, te reël en te behartig.