Musieksentrum

Hoërskool Waterkloof se Musieksentrum bied musieklesse as ‘n buitemuurse aktiwiteit vir leerders van enige ouderdom of standaard aan.

Die volgende instrumente word aangebied:

  • Strykinstrumente (viool, altviool, tjello, kontrabas)
  • Houtblaasinstrumente (fluit, klarinet, saksofoon, hobo, fagot)
  • Koperblaasinstrumente (trompet, Franse horing, tuba, eufonium, tromboon)
  • Klassieke en elektriese ghitaar
  • Klavier
  • Tromstel
  • Sang

Verskeie instrumente is kwartaalliks teen ‘n addisionele fooi te huur.

Klein groepsklasse vir musiekteorie (UNISA, Trinity en ABRSM) word smiddae aangebied, maar is nie verpligtend nie.

KONTAKBESONDERHEDE
Joryn van Stadan
joryn.vanstaden@klofies.co.za