13:30 – 14:00 Etenstyd (Eie kos of koop iets te ete by die snoepie)
16:15 – 17:00 Studie
17:00 Amptelike sluittyd vanaf Maandag tot Vrydag
Enige leerder wat nog later vir ouers moet wag, moet by die sporthek in die skoolterrein wag.
Twee tutors, wat senior voorgraadse studente is, is elke middag beskikbaar om te help met huiswerk, toesig en algemene kontrole van leerders. Die personeel by die naskool poog regtig dat leerders hulle huiswerk sal voltooi.
Sportbywoning geskied volgens die skoolprogram en naskoolleerders moet hiervoor uit- en inteken by die naskool. Hierdie uit- en intekenlyste word streng bygehou en nagegaan. Toesig oor klere en skooltasse is hier baie belangrik. Dit is veilig by die naskool tot ná sportoefening.
Leerders teken self uit en stap na die sporthek waar ouers hulle afhaal.
Registrasie van leerders kan by die finansiële kantoor by me. Junel van Staden gedoen word.
Die naskool is alle skooldae oop, maar nie gedurende vakansies of op publieke vakansiedae nie.
Internetfasiliteite is gratis beskikbaar vir die leerders om take te doen en inligting te bekom. ‘n Drukker (nie kleur) is ook vir hierdie doel beskikbaar.