Netbal

Netbal by Hoërskool Waterkloof se visie is “Laat jou lig skyn vir almal om te sien” en die missie is “Ons bou in geloof in alles wat ons aanpak met geloof in God, onsself, ons spanmaats en ons skool.”  Ons strewe is dat elke dogter die geleentheid sal kry om haar volle potensiaal te ontwikkel, te bereik en te benut – tot voordeel van haarself, haar span en die skool. Ons bied geleenthede aan spelers om die skool se etos van “Bou in geloof” op die netbalbaan uit te leef.  Ons denke is toonaangewend, toekomsgerig en revolusionêr in terme van netbal en die ontwikkeling van dié sportsoort. ‘n Omgewing waarin elke speler tuis, gewaardeerd en spesiaal sal voel, ongeag die vlak van netbal wat sy speel, word geskep.  Gesonde liggaamlike en geestelike gewoontes word by elke dogter ontwikkel sodat sy haar lig in die wêreld kan laat skyn en spelers word herinner hoekom hulle in die eersteplek netbal begin speel het.

DOELWITTE

  • Om spelers se vaardighede te ontwikkel met behulp van die nuutgeskepte hoëprestasie-afdeling.
  • Om netbal by Hoërskool Waterkloof op te bou deur ‘n omgewing te skep waarin deursigtigheid en absolute regverdigheid sal seëvier en waarin elke ouer en speler veilig sal voel.
  • Om die sportsoort professioneel te bestuur deur van biokenitici, ‘n sportsielkundige en passievolle, kundige afrigters gebruik te maak.
  • Om ‘n kultuur te skep waarin wen belangrik is, maar nooit ten koste van alles is nie en waarin harde werk beloon word in plaas van die REG om in ‘n span te speel.
  • Die skep van netbaltradisies.

AFRIGTERS
Jong, entoesiastiese “omgee-“afrigters met ‘n passie vir Hoërskool Waterkloof en vir netbal is by die skool betrokke.  Hulle word deur ‘n voormalige Protea-speler, Marlize Smit, en die netbaldirekteur, René Straeuli, opgelei om sodoende te verseker dat spelers se talent raakgesien en ontwikkel word.

Die afrigterspan sluit ook Marlize Smit (Protea-speler), Chantelle Swart (Gauteng Jaquars en Protea-oefengroep in 2020), Heike Kotze (SA A-span en Protea-oefengroep), Bernike van Dyk (SA o.17- en North West Flames-speler) en René Straeuli (Gauteng A-skole en SA o.18-groep) in.

DEELNAME
Die Klofie-netbalfees (o.14 tot o.19) word gedurende die Maartvakansie by die skool aangebied. 151 spanne vanoor die hele land en Namibië sou in 2020 aan dié toernooi deelgeneem het.

In 2019 het twee A-spanne by die Tshwane-kompetisie vir die Gauteng-kampioenskap gekwalifiseer. Die eerste- en o.17A-span het daarna aan die SA-topskole kompetisie deelgeneem.  Die o.17A-span het derde in Suid-Afrika geëindig en het brons medaljes ontvang.  Al die A-spanne neem jaarliks aan die Twizza-toernooi in Potchefstroom deel.  Bo en behalwe die ligawedstryde, word derbys teen onder andere Helpmekaar Kollege en Hoërskool Transvalia gespeel en die eerstespan neem aan die Wildeklawer-toernooi deel.

KOSTE
Wedstryd- en oefendrag moet aangekoop word.  Klofies betaal slegs etegeld tydens die Klofie-netbalfees.

NAVRAE
René Straeuli
rene.straeuli@klofies.co.za

*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m. datums.