Noodhulp met ‘n toegeruste “First Aid Post” is vir beserings by die bane beskikbaar.
Skakel Annemie Klopper vir enige navrae by 082 490 3519.
Spelers is vir hulle eie pleister en strapping verantwoordelik.
Strapping kan by die “First Aid Post” gekoop word. (Spesiale aanbiedings is aangeheg.)
‘n Mediese dokter is aan diens vir die duur van die netbalfees. Alle beserings sal volgens die skool se mediese regulasies en beleid deur Hoërskool Waterkloof se mediese span bestuur word,
‘n Ambulans, Emer-G-Med, sal vir afvoere na ‘n hospitaal (indien nodig) op bystand wees.
Fisioterapeute sal ook aan diens wees. Behandeling tkan by hulle bespreek word.
Footworx sal ‘n stalletjie beman waar stutte, ens. kontant of deur middel van mediese fondse te koop aangebied sal word.