WaterkloofAlumni

Jy het hier ingestap as ‘n Druppel en na vyf jaar as Jong Volwassene jou laaste treë by Hoërskool Waterkloof gegee.  Stap van vandag af nog ‘n paar treë saam met jou Almamater en help om Hoërskool Waterkloof dié wêreldklasskool te maak wat die leiding neem in opvoedende onderwys.

WaterkloofAlumni streef daarna om oud-Klofies in voeling met Hoërskool Waterkloof te hou en die geleentheid te bied aan oud-Klofies om in kontak te bly met mekaar.  Ons hou  julle op hoogte met nuus van die skool en skep geleenthede waar oud-Klofies sosiaal met mekaar kan verkeer, en ook om julle vaardighede en kundigheid te deel.

Alle persone wat aan Hoërskool Waterkloof gematrikuleer het is lede van WaterkloofAlumni.  Indien jy bereid is om ‘n bydrae te lewer, registreer asseblief op die onderstaande skakel om sodoende Hoërskool Waterkloof Toonaangewend Toekomsgerig  –  ‘n wêreldklasskool  –  te maak.

Registrasies

  1. Skakel vir oud-Klofies
  2. Skakel vir oudhoofseuns en -dogters.

Kontakbesonderhede

Liesl Linde

Skakelbeampte: WaterkloofAlumni

alumni@klofies.co.za
012 347 0277

Sosiale Media

Hoof se visie

VISIE 2018

Toonaangewend Toekomsgerig

VISIE 2025

Innovative Rerum – Innoverend Revolusionêr

Om ‘n toonaangewende wêreldklasskool te wees. Klofies moet toegerus word met waardes, houdings en vaardighede wat hulle gereed maak vir enige tersiêre instelling, die werkplek en hul lewens sodat hulle tot gebalanseerde jongvolwassenes ontwikkel wat sinvolle bydraes op nasionale sowel as internasionale terreine sal kan maak.