Promenadekonsert

Omdat die skool ‘n uitmuntende konsertorkes en tenminste twee koorgroepe het, word daar elke jaar in Augustus ‘n interne spogaand met musiek en kos gehou.

Gaste word bederf met musiek van die hoogste gehalte waartydens die Klofie Konsertorkes, die A Capella sanggroep Voces Noctis en die gemengde koor optree saam met die wenners van die Musiekafdeling van die Klofie Kunstefees.

Gaskunstenaars wat in die verlede saam met hierdie groepe opgetree het sluit in die Luminous sêrgroep van die Universiteit van Pretoria asook die koor van die Transoranje Skool vir Dowes. Die skoolsaal word deur gasvroue omskep in ‘n lushof, en gaste kuier tussen optredes van die soliste en groepe gesellig saam om ‘n bord kos.