Dit is geen geheim dat redenaars leerders se selfvertroue, kritiese denke en redenasievermoë ontwikkel nie. Omdat dit ‘n vaardigheid is wat leerders in die toekoms gaan gebruik, wil ons graag soveel moontlik leerders die geleentheid gee om hierdie vaardighede te ontwikkel. Daarom neem ons aan verskeie redenaarskompetisies deel. Ons neem aan die voorbereide, onvoorbereide, individuele, span-, Afrikaanse en Engelse afdelings deel. Hoërskool Waterkloof presteer jaarliks by die volgende kompetisies:
ATKV-redenaars Van Huyssteens Oratorsfees Oppie Tong Af-redenaars
Vir meer inligting kan leerders gerus ‘n draai by juffrou Annuska Pretorius in T15 maak. Ons sien met groot opgewondenheid daarna uit om nuwe Klofies by die Klofie-redenaars te sien.