Rolbal
Kontakpersoon: Muller van der Nest
Kontaknommer: 082 779 5352
Rolbal is ‘n energieke kleinsport wat alle spelers die geleentheid bied om aan ‘n sport by Hoërskool Waterkloof deel te neem. Dit maak nie saak of ‘n leerder groot of klein, kort of lank, fiks of onfiks, is nie. Rolbal het plek vir almal!
Ons het, deur hande te vat met Wingate Sportklub se rolbal bestuur, die kans aangegryp om nog ‘n olimpiese en statebond sport by die skool te vestig. Daar is om en by 35 spelers wat elke Woensdag oefen en deelneem by Wingate Sportklub. Die afrigting wat ons ontvang vanaf die Wingate-spelers is van die hoogste gehalte en ons sien uit na opwindende sportdae wat voorlê. Verskeie kompetisies in verskillende formate gaan deur die loop van die jaar aangebied word.
Die doelwit is om vir leerders kans te gee om iewers te behoort, sosiale vaardighede te ontwikkel en om as ‘n individu te groei deur aan ‘n sport deel te neem. Oor tyd sal die skool se leerders ook die kans kry om vir provinsiale kleure in aanmerking te kom en ons vertrou die groen en goud ook kort daarna.