Rugby

RUGBY VISIE en MISSIE
Hoërskool Waterkloof word landwyd erken as een van die toonaangewende rugbyskole in Suid-Afrika. Ons missie is om elke speler die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik en trots die Groen en Goud na te jaag. Bekende oud-Klofies soos Faf de Klerk, Rohan Janse van Rensburg en Stedman Gans het hul loopbane hier begin.

DOELWITTE
• Om binne drie jaar onder die top vyf rugbyskole in Suid-Afrika te wees.
• Om spelers ‘n professionele platform te bied met ondersteuning van topafrigters en borge soos Rhino Rugby, Gilbert en Macron.
• Om holistiese ontwikkeling van spelers te bevorder – liggaamlik, geestelik en emosioneel.
• Om ‘n kultuur van harde werk, respek en spanwerk te vestig.

AFRIGTERS
Hoëprestasiebestuurder: Mnr. Dillon Smit (Voormalige Goue Leeus-speler, Curriebeker-finalis en internasionale speler by Houston SaberCats)
1ste Span-afrigters: Mnr. Cobus van Dyk en Mnr. Stefan Coetzer
Rugbydirekteur: Mnr. Lukas Holtzhauzen (Ervaring in SA en Ierland, oud-afrigter by NWU 7’s, SWD, Grant Khomo-span en keurder vir Bulle o.16)
Ons afrigtingspan woon jaarliks ontwikkelingskursusse by om op hoogte te bly van internasionale standaarde.

DEELNAME
Derby: Jaarlikse kragmeting teen Affies
Toernooie:
   ◦ Noord-Suidtoernooi (1ste span & Torries)
   ◦ Wildeklawer-toernooi (top 20 skole)
   ◦ Paarl Gimnasium-toernooi (o.16A)
   ◦ Paarl Boys’ High Rugbyweek (o.15A)
   ◦ Kwagga-toernooi by Outeniqua (o.14A)
Ligawedstryde: Deelname aan die SDC Noordvaalbeker met A-, B- en C-spanne

OEFENTYE
• Voorseisoen: Begin in September
   ◦ Weeksdae: 16:00–17:45
   ◦ Woensdae: Spesialisoefeninge met Blou Bulle & UP-spelers
• Seisoen:
   ◦ Maandae, Dinsdae, Donderdae: 14:30–17:30
   ◦ Woensdae: 15:00–17:00

KOSTE
• Toerkoste is nie by die skoolfonds ingesluit nie en moet afsonderlik betaal word. 
• Kontak die rugbyorganiseerder vir meer besonderhede.

NAVRAE
Rugbydirekteur: Mnr. Lukas Holtzhauzen
lukas.holtzhauzen@klofies.co.za

Hoëprestasiebestuurder: Mnr. Dillon Smit
dillon.smit@klofies.co.za
012 347 7707

Raadpleeg die d6-Kommunikeerder vir gereelde opdaterings oor datums en wedstryde