Skaak
Skaak by Hoërskool Waterkloof het ‘n trotse geskiedenis en het al verskeie topprestasies behaal. Met ‘n nuwe afrigter, mnr. Daniel Cawdery, word daar hard gewerk om die prestasies in plek te hou. Almal wat graag skaak wil speel, is welkom om by Hoërskool Waterkloof se skaakprogram in te skakel. Ons skryf elke jaar spanne vir verskeie ligas in om spelers meer geleentheid te gee. Daniel Cawdery is as die nommer een skaakspeler in Suid-Afrika aangewys en is ook een van die topafrigters in die land.
Verskeie Klofies kwalifiseer jaarliks vir die Suid-Afrikaanse Junior Geslote Kampioenskap, Provinsiale kleure en SA-kleure.
DOELWITTE
- Om skaak as een van die topsportsoorte in die skool te vestig en om te verseker dat daar ‘n sterk skaakkultuur onder die skaakspelers is.
- Korttermyn is die doelwit om al die Gauteng-Noord Distrikkompetisies in te palm, aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem en om seker te maak ons skool word by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe verteenwoordig.
AFRIGTERS
Daniel Cawdery, ‘n FIDE-afrigter, rig al die Klofie-spanne af.
DEELNAME
Die skool se skaakspelers oefen by die skool, maar daar word ook aanbeveel dat spelers by klubs registreer om hulle CHESSA ranking-punte te verbeter om vir provinsiale verkiesing te kwalifiseer.
Ons neem ook aan die skoleliga van distriks- tot op nasionale vlak deel.
OEFENTYE
Woensdae en Donderdae vanaf 17:00 tot 18:30 in die skaaklokaal by die skool.
SPESIALE VEREISTES
Geen spesiale vereistes word vir skaak benodig nie – alle belangstellende Klofies is welkom.
KOSTES
Toergeld is nie deel van skoolfonds nie en is vir die onderskeie skaaktoere betaalbaar.
PREATASIES
Hoërskool Waterkloof was agt jaar aaneen die SA Top Skolekampioen.
Hoërskool Waterkloof wen die 2014 SA Skolekampionskappe in drie kategorieë.
Hoërskool Waterkloof is tans die SA Skolekampioene in beide die o.18-seuns en -dogters afdeling.
Hoërskool Waterkloof verteenwoordig Gauteng vir vier agtereenvolgende jare by die SA skole en wen drie jaar alle afdelings waarin spanne speel.
*Raadpleeg asb. die d6-Kommunikeerder vir opgedateerde en gereelde inligting i.v.m. datums.
NAVRAE
Muller van der Nest
muller.vandernest@klofies.co.za