Swem
By Hoërskool Waterkloof streef ons daarna om elke swemmer se talente ten volle te ontwikkel. Die sukses en gees van swem by die skool lê in die organisasie, bestuur en topgehalte afrigting. Daar is reeds duidelike vordering onder die swemmers sigbaar. Die harde werk van elke swemmer dra by tot die gees en sukses van swem by die skool.
DOELWITTE
Die visie vir swem is om die nommer 1-swemskool in die land te wees. Daar moet ‘n aansteeklike gees onder die swemmers wees. Ons streef daarna om ‘n kultuur waar leerders en ouers mekaar ondersteun, te skep, om wêreldklasafrigting aan te bied, na topfasiliteite en na massa- en prestasiedeelname.
DEELNAME
Klofie-swemmers neem aan junior- en/of seniorgalas, Interhoër en vriendskaplike galas deel. Daar is ook jaarliks ‘n groep swemmers wat die Midmar-myl swem.
OEFENTYE
Formele swemoefening sal weer in Augustus by St. Mary’s DSG afskop. Daar is ‘n skoolbussie wat die swemmers heen en weer vervoer.
Oggendsessies:
Dinsdae, Donderdae en Vrydae vanaf 05:00 tot 06:00. Die bussie vertrek stiptelik om 04:45 vanaf die Sportburo.
Middagsessies:
Maandae, Dinsdae, Woensdae en Vrydae van 17:00 tot ongeveer 18:00. Die bussie vertrek 17:00 vanaf die Sportburo en kom weer tussen 18:00 en 18:30 terug (afhangende van die tydsduur van die sessie).
KOSTES
Koste is slegs vir toere en kampe wat swemmers meemaak, betaalbaar.
NAVRAE
Muller van der Nest
muller.vandernest@klofies.co.za