Tafeltennis

Tafeltennis is een van die jong sportsoorte by die skool en word in 2020 vir die derde jaar by Hoërskool Waterkloof aangebied. Dit is egter alreeds een van die gewildste sportsoorte by die skool en het alreeds groot sukses behaal waarop daar voortgebou word.

Daar word jaarliks drie Klofie-spanne vir die Gauteng-Noordkompetisies ingeskryf en spanne ding in die A-, B- en C-liga mee. Daar word ook verskeie ontwikkelingsaksies by die grade gehou om dié sportsoort aan die leerders bloot te stel. Ons sien uit na ‘n baie opwindende 2020-seisoen.

DOELWITTE
Die doelwit wat vir Tafeltennis as sportsoort in die jare wat kom gestel word, ten minste elke jaar onder die top drie spanne van elke liga eindig. Daar is baie goeie afrigters en talent en dus is die droom bereikbaar.

AFRIGTERS
Die A-span word deur me. Zodwa Maphanga, wat self ‘n Suid-Afrikaanse tafeltennisspeler en afrigter is, afgerig. Sy werk in samewerking met mnr. Omar Zaineddin wat tans een van die top Suid-Afrikaanse afrigters in die land is.

Die B-span word deur mnr. Fanus Vorster, wat self ‘n kranige klubtafeltennisspeler is, afgerig.

DEELNAME
Hoërskool Waterkloof neem aan die Gauteng-Noordliga deel met spanne wat ingeskryf is in die A-, B-, en C-ligas.

OEFENTYE
Die A-span oefen op Dinsdae, Woensdae en Donderdae vanaf 13:30 tot 16:00, en die B-span op Maandae en Donderdae. ‘n Spesiale program word gebruik waar spelers deurlopend aan proewe blootgestel word en wat gebruik word om die spanne te kies.

VEREISTES VIR DEELNAME
Spelers word aangemoedig om hulle eie speelrakette aan te koop, maar die skool het wel rakette wat beskikbaar gestel word, indien nodig.

KOSTES
Geen.

NAVRAE
Muller van der Nest
muller.vandernest@klofies.co.za