Tennis
Tennis by Hoërskool Waterkloof bied vir elke tennisspeler ‘n plek – by spanoefeninge en die Future Klofies-program. Klofies is die plek vir spelers wat ‘n passie vir tennis het.
DOELWITTE
Om die toptennisskool in Suid-Afrika te wees; om 25 liga-spanne in te skryf; om ‘n gesonde tennisomgewing vir alle spelers te skep en om standvastige norme en waardes wat reeds in plek is, toe te pas.
AFRIGTING
Gerrie Dippenaar Tennis Akademie
Gerrie Dippenaar – ‘n Nasionale TSA Vlak III-afrigter is die hoofafrigter by die skool met Ian Nelson en Jean Roos as hulpafrigters.
DEELNAME
Hoërskool Waterkloof se tennisspelers neem jaarliks aan die volgende toernooie en kampioenskappe deel:
- Gauteng-Noord o.19- en o.15-kampioenskap
- Hoërskool Waterkloof Tenniskampioenskap
- Paarl Gimnasium Gerrie Berner Dogterstennistoernooi
- Gerrie Berner-toernooi vir seuns by Paul Roos Gimnasium
- Sun City Tennistoernooi
- Amanda Coetzer-toernooi vir dogters in Bloemfontein
- 15-Toernooi vir dogters
- 15-Toernooi vir seuns
- Bethlehem-toernooi vir seuns en dogters
- Absolut Menlo-toernooi
- Grey-toernooi vir seuns en Eunice-toernooi vir die dogters in Bloemfontein
OEFENTYE
Tennisspanne van Hoërskool Waterkloof:
- en B-spanne: Woensdag- en Vrydagoggende vanaf 06:15 tot 07:15
- C-, D- en E-spanne: Dinsdae vanaf 06:15 tot 07:15
- Tennisontwikkeling/Beginneroefening – GRATIS – Donderdae 06:15 tot 07:15
- Gimnasiumsessies: Maandae en Donderdae vanaf 15:15 tot 16:00
- Privaatafrigting by die Gerrie Dippenaar Tennisakademie vind vanaf Maandae tot Saterdae asook tydens vakansiekampe en toernooie plaas.
VEREISTES VIR DEELNAME
‘n Passie en liefde vir tennis en spanmaats is ‘n groot vereiste.
KOSTE
Kondisionering by die Sportwetenskapdepartement van die skool, spanoefeninge en ontwikkelingsoefeninge is gratis. Daar is egter koste aan die privaatafrigting verbonde.
NAVRAE
Alexandra Dreyer
alexandra.dreyer@klofies.co.za