TOEGANG EN PARKERING

  • Vrydag–, Saterdag–, Maandag– en Dinsdag-toegangsfooi beloop R30 per persoon. Kinders onder 12 en pensioenarisse woon die toernooi gratis by.  
  • Vrydag 25 Maart: OPENINGSDAG – R110 per persoon – Hierdie dag is spesiaal! Die toegangskaartjie vir hierdie Celebration of Life-dag sluit die volgende:
  1. Aanskoulike netbal
  2. Bywoning van openingsverrigtinge saam met die spelers
  3. ’n Konsertuur saam met Arno Jordaan
  4. Om die kleur, klank en ligte Celebration of Life saam met jul kinders te geniet en te aanskou!
  5. Biefburger met skyfies

AL WAT JY BENODIG IS N KOMBERS EN/OF ‘N KAMPSTOEL OM OP TE SIT!

  • Daaglikse toegang vir leerders in skoolklere is gratis.
  • Motors kan by die koshuishek inry en op die skoolgronde, agter die koshuis teen R50 per motor parkeer. 
  • Ander toeskouers parkeer buite die skoolterrein en stap by die hek by die Sportburo in.  Sekuriteitswagte is aangestel om die motors op te pas, maar parkering is op eie risiko.
  • Klein skoolbussies met leerders kan by die koshuis inry en op die rugbyveld agter die krieketveld parkeer. Skole moet asseblief die registrasienommers van dié bussies aan ons stuur sodat ons toegang kan reël (slegs Quantum-bussies).
  • Groot skoolbusse kan leerders by die skool op- en aflaai en in die parkeerarea voor die skool parkeer. 
  • Beamptes (met ‘n toegangskaartjie) ry by die hoofhek in en parkeer onder die afdakke by die administrasiegebou.