Visie
Huis Kloofsig streef na die ontwikkeling van ‘n selfstandige, selfgedisiplineerder leerder wat met waardes en norme verantwoordelikheid kan besef en aanvaar, nie slegs teenoor hom/haarself nie maar ook teenoor hul familie, hul geloof, hul skool en gemeenskap. Elke leerder wat Huis Kloofsig verlaat moet in staat wees om ‘n daadwerklike verskil in die werêld te maak deur sukses in hul loopbaan en lewe. Binne ‘n gedisiplineerder omgewing met ‘n vaste roetine kry elke leerder die geleentheid om hom/haarself op verskillende gebiede te ontwikkel en uit te lewe. Hierdie vind binne ‘n veilige gekontroleerder omgewing binne die skoolterrein plaas.
Huis Kloofsig bied ‘n ideale geleentheid vir leerders wat aktief by die skool op verskillende gebiede betrokke is, om op die terrein te wees en loopafstand vanaf alle aktiweite.