Visuele Kuns- en Ontwerpuitstalling
BESKRYWING
Die Visuele Kuns- en Ontwerpuitstalling van die werke van gr.10- tot gr.12-leerders vind jaarliks plaas. Tydens hierdie gala-aand word daar met die leerders se uitsonderlike talente gespog.
Hierdie geleentheid lok nie slegs die belangstelling van die Departement van Onderwys nie, maar ook van Kuns- en Ontwerpdepartemente van verskeie universiteite en kolleges.
Talentvolle leerders se kuns- en ontwerptalente word verder by ons uitnemende skool ontwikkel.
WIE MAG DEELNEEM AAN DIE KUNSUITSTALLINGS?
Slegs die leerders wat Ontwerpe en Visuele Kuns as ‘n vak neem mag aan die uitstalling deelneem. Ontwerp en Visuele Kuns word nie as ‘n buitemuurse aktiwiteit aangebied nie.