Voorkoms en kleredrag

Van leerders word verwag om die volledige skooldrag soos voorgeskryf deur die Beheerliggaam en aangeteken in die Skooldagboek, Prospektus en Kommunikeerder, te dra.

Hulle moet ook ten alle tye aan die voorgeskrewe voorkomsreëls soos in hierdie amptelike inligtingstukke uiteengesit, voldoen.

DOGTERS
Somersdrag
Romp               Koningsblou, drupdroog.  
Bloes                Blou, kortmou, poliësterkatoen.
Skoene             Swart standaard leerskoolskoene wat toeryg of met ‘n bandjie oor die brug van die voet.
Kouse               Kort wit sokkies omgevou.
Oortrektrui       Mouloos, dieselfde kleur as die romp met voorgeskrewe strepe in die V-hals.
Matrieks dra ‘n wit oortrektrui.

Wintersdrag
Romp               Koningsblou, drupdroog.
Hemp               Blou, langmou, poliësterkatoen.
Skoene              Soos vir somer.
Kouse               Langkouse — soos deur klereverskaffers voorsien.
Baadjie             (Verpligtend) Amptelike skoolbaadjie.
Das                   Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
Oortrektrui       Oortrektrui met V-hals.  Matrieks dra ‘n wit oortrektrui.
Langmoutrui    Langmoutrui mag slegs saam met die amptelike skoolbaadjie gedra word.
Serp                  (Opsioneel) Slegs amptelike wit gebreide skoolserp is toelaatbaar. Beskikbaar by die finansieskantoor.  

LO-drag:           Slegs die Klofie-broekie, –hempie en -sweetpak word skool toe gebring en aangetrek.

 

SEUNS
Somersdrag
Broek               Grys langbroek of grys standaard kortbroek.
Hemp               Blou, kort- of langmou, poliëster-katoen.
Skoene            Swart toerygleerskoolskoene met standaard sooldikte. Geen aanglipskoene of skerppuntskoene nie.
Kouse               Grys met strepe in omslag.
Das                   Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
Oortrektrui       Moulose oortrektrui met V-hals (soos vir dogters). Matrieks dra ‘n wit oortrektrui.
Gordel              Swart of grys met ‘n normale grootte gespe. Geen vreemde of byderwetse gespes nie.

Wintersdrag
Broek               Grys langbroek (soos vir somer).
Hemp               Blou, langmou, poliësterkatoen.
Das                   Voorgeskrewe blou skooldas/spesiale das.
Baadjie             (Verpligtend) Soos vir dogters.
Langmoutrui    Langmou trui mag slegs saam met die amptelike skoolbaadjie gedra word.
Serp                 (Opsioneel) Slegs amptelike wit skoolserp is toelaatbaar. Beskikbaar by die finansieskantoor. 

LO-drag:           Slegs die Klofiebroekie, -hempie of sweetpak word skool toe gebring en aangetrek.

ALGEMEEN      
‘n Koningsblou Drimac-baadjie met skoolwapen mag slegs aangetrek word indien dit reën.  Dit is slegs by die klerewinkel van die Sportburo beskikbaar. ‘n Amptelike sportsak is by die klereverskaffers beskikbaar.

Tydens formele funksies word ‘n langbroek en baadjie gedra.

Amptelike baadjies

  • Gestreepte baadjie met skoolwapen.
  • Klofieraad:Erekleurebaadjie met wit hemp.

Slegs een balkie per aktiwiteit mag op die baadjie vasgewerk word.

Slegs erkende lapelwapens wat deur die skool toegeken is, mag op die baadjie vasgesteek word.

SKOOLDRAG
Die voorgeskrewe skooldrag moet gedra word — selfs ná skool moet die leerders die uitnemende beeld van die skool uitdra.   Tydens sportbyeenkomste moet slegs Hoërskool Waterkloof se sportdrag gedra word. Indien ‘n leerder op grond van skooldrag as ‘n Klofie geïdentifiseer kan word, geld alle reëls op die skoolterrein en in die openbaar.

VOORKOMS VAN LEERDERS
DOGTERS

Grimering 
Geen grimering of permanente grimering word toegelaat nie. Geen lipglans word toegelaat nie.

Juwele  
Horlosies: Geen sierhorlosies met krale wat soos ‘n armband lyk nie. Horlosies mag nie in uitspattige kleure wees nie.

Oorkrabbertjies: Slegs silwer of goud. Geen pêreltjies of steentjies  nie. Knoppies met ‘n deursnee van tot 4mm en ringetjies, sonder enige iets wat daaraan hang waarvan die binnedeursnee nie 1cm oorskry nie en die ringetjie nie dikker as 2mm is nie, mag gedra word. Slegs een oorkrabbertjie per oor net in die onderste gaatjie.

Geen ringe, hangertjies, tongringe, neusringe, armbande, haarrekkies om arms of rekke met enige inskripsie word toegelaat nie.

Matrieks mag pêreloorbelle dra.  Die grootte moet dieselfde as die van ander knoppies wees.

Naels
Die naels moet netjies en uniformvriendelik wees. Kleurlose naelversterking mag gedra word. Wanneer ‘n dogter haar hande vertikaal hou, mag haar naels nie vanaf die palmkant gesien word nie. ’n Dogter moet trots wees op haar hande se voorkoms.

Hare
Die hare moet vasgemaak word as dit oor die onderste ronding van die hempskraag hang. Hare moet gekam word voordat dit vasgemaak word. Geen slierte mag voor die ore of van die kuif af, in die gesig of oor die wenkbroue hang nie.  Geen vreemde haarstyle nie.

Alle knippies of hulpmiddels mag net in die kleur van die dogter se hare of wit wees. Geen haarjuwele mag gedra word nie. Hare mag nie gekleur word nie en moet te alle tye natuurlik lyk.

Haarverlengstukke word nie toegelaat nie.

Haarbande mag nie breër as 2cm wees nie. Dit moet wit en sonder versiering wees.

Informele drag
Geen onderklere mag enigsins deurskyn, uitsteek of sigbaar wees nie.

Baadjies
Die dogters se hempskrae moet netjies oor die baadjie se kraag gedra word.

Tatoeëering
Geen tatoeëering of graffiti op liggame nie. Slegs Crisis on Call- of Medic Alert-bandjies mag gedra word.

SEUNS
Hare 
Seuns se hare moet aan die volgende voorskrifte voldoen:  Wanneer die hare afgekam word:  kante mag nie oor die ore hang nie;  voor: twee vingerbreedtes bokant wenkbroue — agter:  paslike lengte: mag nie aan die kraag raak nie. Geen “vreemde” of onkonvensionele haarstyle word toegelaat nie.  Hare moet netjies gekam wees en nie regop staan nie. Geen jel of iets soortgelyks mag gebruik word nie.  Hare mag nie gekleur word nie.

Baarde
Geen stoppelbaarde en/of snorbaarde word toegelaat nie. Seuns moet ten alle tye gladgeskeer wees.
Wangbaarde: Dit mag nie laer as die middel van die oor gedra word nie en moet kort gesny wees.

Juwele
Ringe, oorbelle, tongringe, neusringe, armbande (rekkies of leer) en kettinkies word nie toegelaat nie.  Dit sal gekonfiskeer word.
Slegs Crisis on Call- of Medic Alert-bandjies mag gedra word.

Tatoeëering
Geen tatoeëering/graffiti op liggaam  nie.