Wedstrydreëlings
- Telkaarte sal by die aankondigerstafel beskikbaar wees.
- Rondtes vir o.19-wedstryde is geel ingekleur op die program. Dié wedstryde sal uit vier kwarte van 10 minute elk met 1 minuut rus tussen die eerste en tweede kwart en derde en vierde kwart, en 3 minute rus tussen die tweede en derde kwart bestaan. Die ander wedstryde is twee helftes van 13 minute elk, met 3 minute rustyd.
- Daar is nie beseringstyd nie; beseerde spelers moet so gou moontlik vervang word.
- Toeskouers word vesoek om nie tydens wedstryde op en/of tussen die bane rondbeweeg nie.
- Wedstrydballe sal voorsien word.
- Spanne kan self gazebo’s saambring. Dit kan op die A-krieketveld opgeslaan word. Tente sal ook op die A-krieketveld opgeslaan word.
- ‘n Funksie vir beamptes word op Vrydag 20 Maart om 18:30 vir 19:00 in die vertoonlokaal van Barloworld Toyota Menlyn (Dallaslaan 125, Waterkloofglen) gehou. Daar sal vervoer vanaf die skool beskikbaar wees. Ons nooi alle beamptes en bestuur van die spanne vriendelik hierheen uit. Bywoning deur die spanbestuurders is verpligtend aangesien die spanne dan sal registreer. Al die reëlings vir die toernooi sal bespreek word
- U word daaraan herinner dat elke span ‘n skeidsregter (minimum provinsiaal C+) MOET voorsien. Laat weet ons vooraf as u nie skeidsregters kan saambring nie (van die spanne het reeds met Eleanor gereël). Koste as ons skeidsregters moet reël, beloop R150 per wedstryd. SKOLE IS SELF VERANTWOORDELIK VIR ETES EN VERVERSINGS VAN HULLE SKEIDSREGTERS.
Nadat ‘n wedstryd gespeel is, moet ‘n skeidsregter van daardie span op die spesifieke baan agterbly vir die volgende rondte.
Die spanne wat in die laaste rondte elke dag speel, is verantwoordelik vir ‘n skeidsregter vir die eerste rondte van die volgende dag. Die spanne wat in die heel laaste rondte op dag vier speel, moet ‘n skeidsregter vir rondte 1 op die eerste dag gee.
Baie belangrik: Spanne wat in die tweede laaste rondte speel, se skeidsregters kan ongelukkig nie ry alvorens hulle nie in die laaste rondte geskeidsreg het nie. Indien ‘n skeidsregter om een of ander rede nie kan blaas nie, MOET die skool self ‘n skeidsregter reël en betaal.
As gevolg van die groot aantal spanne wat deelneem, is dit uiters belangrik dat skeidsregters baie stiptelik en op hul pos moet wees.
- Let asseblief daarop dat wedstryde op die netbalbane (1 tot 5) én die tennisbane (T1 – T6) gespeel word.